Ons is ’n geregistreerde Suid-Afrikaanse finansiëlediensteverskaffer wat Suid-Afrikaners wat in die buiteland woon help om hul finansiële bates na hul nuwe tuisland oor te dra. Baie Suid-Afrikaners is nie eens bewus daarvan dat hulle nog geld of bates in Suid-Afrika het nie. Indien hulle wel daarvan weet, is die vooruitsig van al die rompslomp en administrasie genoeg om hulle te ontmoedig nog voordat hulle die proses begin het. Dís waar ons kan help – ons hanteer al die rompslomp namens jou.
Ons het ’n handige vraelys saamgestel om jou te help bepaal of jy enige uitstaande finansiële sake in Suid-Afrika het:
- Het jy nog finansiële bates in Suid-Afrika?
- Het jy nog belange in ’n trust, vennootskap of maatskappy in Suid-Afrika?
- Het jy nog uittree-annuÏteite, bewaringsfondse of pensioen-fondse in Suid-Afrika?
- Gebruik jy Suid-Afrikaanse kredietkaarte?
- Besit jy nog eiendom in Suid-Afrika en is jy onseker of jy moet verkoop?
- Is jy nog steeds geregistreer vir belasting by SARS en moet jy belasting-opgawes indien?
- Het jy Suid-Afrikaanse fondse of beleggings wat jy na jou nuwe tuisland wil oordra?
- Verwag jy om in die toekoms ’n erfgenaam te wees van ’n Suid-Afrikaner?
Indien jy ‘ja’ op enige van hierdie vrae geantwoord het, of onseker was oor jou antwoord, beteken dit daar is dalk nog ’n paar finansiële sake wat moet aandag kry. Ons kan jou hiermee help, op ’n veilige en doeltreffende wyse, met minimum moeite van jou kant af.
Vra ons gerus om jou te kontak sodat ons meer kan uitvind oor jou situasie en hoe ons kan help. Alle konsultasies is gratis en jy is onder geen verpligting om van ons dienste gebruik te maak nie.